James Horner
James Roy Horner (14 Augustus 1953–22 Junie 2015[1]) was 'n Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek. Hy word geken vir sy integrasie an korale en elektroniese elemente in vele van sy rolprentklankbane, en vir sy gereelde gebruik van Keltiese musikale elemente. Horner het twee Academy-toekennings ontvang vir sy klankbaan en snitkomposisies vir die rolprent Titanic in 1997.
James Horner | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | James Roy Horner |
Gebore | 14 Augustus 1953 Los Angeles, Kalifornië |
Sterf | 22 Junie 2015 (op 61) Los Padres National Forest, Kalifornië |
Genres | Rolprentmusiek |
Beroep(e) | Komponis, dirigent, orkestrator |
Instrumente | klavier |
Jare aktief | 1978–2015 |
Verwysings
wysig- ↑ Geier, Thom (22 Junie 2015). "James Horner, Oscar-Winning Composer of 'Titanic,' Dead at 61" (in Engels). The Wrap. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op 23 Junie 2015.