Jeffrey Eugenides
Jeffrey Kent Eugenides (gebore 8 Maart 1960) is 'n Amerikaanse skrywer van romans en kortverhale. Hy het internasionale bekendheid verwerf met sy debuutroman The Virgin Suicides (1993). Die Pulitzerprys vir Fiksie is aan hom toegeken in 2003 vir sy roman Middlesex (2002). Laasgenoemde werk handel oor die storie van 'n interseks-persoon wat grootgemaak is as 'n meisie, maar wat die hormonale samestelling het van 'n seun.
Jeffrey Eugenides | |
---|---|
Gebore | Jeffrey Kent Eugenides 8 Maart 1960 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Alma mater | Brown Universiteit Stanford Universiteit |
Beroep | Skrywer, akademikus |
Bekend vir | The Virgin Suicides (1993) Middlesex (2002) |