Jegin-Aoel
Jegin-Aoel (Russies: Егин-Аул) is 'n klein Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Altinzjar Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Jegin-Aoel Егин-Аул | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°16′59″N 48°31′47″O / 46.28306°N 48.52972°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Wolodarski |
Bevolking | |
• Totaal | 185 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416196 |
In die Sowjetera was die dorpie se amptelike Russiese naam "Jagin-Aoel". Die ortografie van die naam is in 2000 na "Jegin-Aoel" verander om die inheemse Kasakse uitspraak beter te weerspieël.
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 was daar 185 inwoners op Jegin-Aoel. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 12 Julie 2023.