Johann Georg Christian Lehmann
Johann Georg Christian Lehmann (25 Februarie 1792 – 12 Februarie 1860) was 'n Duitse plantkundige.
Johann Georg Christian Lehmann | |
Prof. Johann Lehmann
| |
Gebore | 25 Februarie 1792 Haselau, Hertogdom van Holstein |
---|---|
Oorlede | 12 Februarie 1860 (op 67) Hamburg, Duitse Bond |
Blyplek | Duitsland |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Plantkunde |
Instelling(s) | Gymnasium Academicum; Alter Botanischer Garten Hamburg |
Alma mater | Friedrich-Schiller-Universität, Jena |
Bekend vir | Stigter van die Hamburg Botaniese Tuin |
Lehmann is in Haselau, naby Uetersen, Sleeswyk-Holstein gebore. Lehmann studeer geneeskunde in Kopenhagen en Göttingen en behaal 'n doktorsgraad in geneeskunde in 1813 en 'n doktorsgraad in filosofie aan die Friedrich-Schiller-Universität in Jena in 1814. Daarna word hy 'n professor in fisika en natuurwetenskap, asook hoofbibliotekaris, aan die Gimnasium Academicum in Hamburg.
Hy was 'n produktiewe wetenkaplike met 'n skynbare bakleierige karakter. Hy was lid van 26 akademiese verenigings en die stigter van die Hamburg Botaniese Tuin, vandag bekend as die Loki-Schmidt-Garten, de:Loki-Schmidt-Garten. Lehmann is in 1860 in Hamburg oorlede.
Die standaardafkorting Lehm. word gebruik om in botaniese verwysings na hierdie individu as outeur te verwys.[1]
Publikasies
wysig- Generis Nicotiniarum Historia, Hamburg, 1818
- Plantae e Familiae Asperifoliarum Nuciferae, 1818
- Monographia Generis Primularum,Lipsiae, 1819
- Monographia Generis Potentillarum, 1820; bylaag 1836
- Semina in Horto Botanico Hamburgensi, 1822–1840
- Icones et Descriptiones Novarum et Minus Cognitarum Stirpium, in 5 dele van 10 plate elk 1: 1821 2: 1822 3: 1823 4: 1823 5: 1824
- Novarum et Minus Cognitarum Stirpium Pugillus I-X Addita Enumeratione Plantarum Omnium in sy Pugillus Descriptarum, Hamburg, 1828–1857
- Delectus Seminum quae in Horto Hamburgensium Botanico e Collectioni Anni, 1830–1840; 1849–1852
- Plantae Preissianae, Hamburg, 1844–1847
- Index Seminum in Horto Botanico Hamburgensi A. 1851 Collectorum, Hamburg, 1851–1855
- Revisionem Potentillarum, 1856
- Observationes zoologicae praesertim in faunam hamburgensem. Pugillus primus. Indicem scholarum publice privatimque in Hamburgensium Gymnasio Academico, 1822
Bronne
wysig- Brummitt, R. K.; Powell, C. E. (1992). Authors of Plant Names. Royal Botanic Gardens, Kew. ISBN 1-84246-085-4.
Eksterne skakels
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Lehmann, Johann Georg Christian (1792-1860)" (in Engels). International Plant Names Index. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2016. Besoek op 17 Junie 2017.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |