John Wilkes (uitgewer)
John Wilkes (1750 – 31 Maart 1810) was 'n Engelse uitgewer, boekverkoper en skryfbehoeftehandelaar.
Lewe
wysigWilkes was 'n vryman van Winchester en eienaar van die Hampshire Chronicle. Saam met Peter Barfoot het hy die British Directory Office in Londen bestuur, wat die "Universal British Directory" van 1790 tot 1798 gepubliseer het nadat hy 'n koninklike patent daarvoorverkry het.
Hy het die Encyclopaedia Londinensis, 'n "universele woordeboek van kunste, wetenskap en letterkunde" saamgestel, geredigeer en rangskik wat tussen ongeveer 1801 en 1828 in 24 bande gepubliseer is,[1] met drie bande van koperplaatgravures.[2] Sommige ekstensiewe artikels is ook afsonderlik gepubliseer, daaronder synde Horologie (1811). Wilkes het die graveerder John Pass van Pentonville, wat aan band 13 gewerk het, aangestel.[3]
Hy het Milland House in Milland, Wes-Sussex, as "hoofresidensie" besit.[4] Dit is later beskryf as "'n afgeleë, outydse plattelandse huis van antieke voorkoms, moeilik om te bereik, met 'n styl van uitleg wat nou as verouderd beskou sal word. Dit het 'n brouery, bakkery en bediendesaal gehad. Die huis is in 1584 deur Peter Bettesworth gebou, en is op 6 November 1901 volkome deur 'n brand vernietig. Die binnehuis het 'n baie elegante eikehouttrap van Jakobiese karakter gehad, en die salon was toegerus met 'n paar eikehoutpanele van 'n ooreenstemmende karakter en era."[5]
Verwysings
wysig- ↑ John Wilkes (redakteur) Encyclopaedia Londinensis, Band 17 (1820) op Google Boeke
- ↑ "Modern Asia". World Digital Library. Besoek op 20 Januarie 2013.
- ↑ Bernard Adams (1 Januarie 1983). London Illustrated, 1604–1851: A Survey and Index of Topographical Books and Their Plates. Oryx Press. p. 261. ISBN 978-0-85365-734-7.
- ↑ John Marius Wilson Imperial Gazetteer of England and Wales, 1870-72, aangehaal in "A Vision of Britain through Time".
- ↑ George Heath, Records of the Heath Family, 1913, aangehaal in kort biografie van 'n latere inwoner, eerwaarde John Moore Heath Geargiveer 25 April 2016 op Wayback Machine'