Jonkershoek-natuurreservaat
natuurreservaat in die Wes-Kaap, Suid-Afrika
Jonkershoek-natuurreservaat lê 10 km suidoos van Stellenbosch in die Wes-Kaap. Noord van die reservaat is die Hottentots-Hollandberge. Die reservaat sluit die Assegaaibosch-natuurreservaat in, asook die Jonkershoekberge en die boonste dele van Jonkershoekvallei. Dié berge is ook die plek waar die Eersterivier en die Bergrivier ontspring. Die Eersterivier stroom vervolgens deur Jonkershoek op pad na Valsbaai. Die oppervlak van die reservaat is 11 000 hektaar.
Jonkershoek-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Stellenbosch |
Koördinate: 33°58′10″S 18°56′10″O / 33.96944°S 18.93611°O | |
Oppervlak | 11 000 ha |
Bestuursliggaam | CapeNature |
Webblad | Jonkershoek |
Die reservaat bied onder andere staproetes en 'n sirkelroete vir motorvoertuie van so 10 km. Die pad is op plekke erg verwaarloos.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jonkershoek-natuurreservaat.