Kaalgat tussen die daisies
Kaalgat tussen die Daisies is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1997 uitgereik is.
Kaalgat tussen die Daisies | |
---|---|
Regisseur | Koos Roets |
Met | Gys de Villiers Zack du Plessis Frank Opperman |
Uitgereik | 1997 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n komedie. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 (vir swak taal).
Hoofrolspelers
wysig- Gys de Villiers as diepdekkings polisieman
- Zack du Plessis
- Frank Opperman
- Soli Philander
Storielyn
wysig'n Ongelukkige voorval met die Weskus se dronkgat tandarts veroorsaak dat ds. Izak Meiring uit die kerk geskop word. Wat doen 'n mens as jy afgedank word, veral as hy nog 'n wit Afrikaanse man is? Jy vat maar die werkie wat jou aangebied word. In dié geval, bestuurder van 'n mansklub waar daar gedobbel, gestrip en gedrink word. "'n Paradys vir 'n predikant" sê Sakkie se assistent, klein Kareltjie Rautenbach. "Waar anders kry jy so ´n konsentrasie van siele wat gered moet word?" Kareltjie maak vir die predikant 'n toga met 'n ou testamentiese tema sodat hy soos Potiphar van ouds kan lyk. Die rede? Sodat se gemeente hom nie sal herken nie. Neef, die aardskurk wat die Klub Kafee Paradys besit, sien hier 'n goudmyn en betrek Kareltjie (erg teen sy sin) ook as 'n stripper.