Hangklip
(Aangestuur vanaf Kaap Hangklip)
Hangklip is ’n hangende rots van 454 m hoog wat bo die dorp Pringlebaai uittroon. Dit is aan die R44 geleë en dui die oostelike punt van Valsbaai aan. Dit het ’n outomatiese vuurtoring en was eens die wegkruipplek van slawe wat uit die Kaap weggeloop het.
Hangklip | |
---|---|
Hangklip bo Pringlebaai, met Kaap Hangklip regs
| |
Ligging | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Hoogte | 454 meter bo seevlak |
Koördinate | 34°21′S 18°49′O / 34.350°S 18.817°O |