Kalnofka
Kalnofka (Russies: Кальновка) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Tsjorni Jar Plaaslike Munisipaliteit van Tsjernojarski-rajon behoort. Dit lê 46 kilometer noordwes van die rajon se setel, Tsjorni Jar.
Kalnofka Кальновка | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 48°19′58″N 45°36′53″O / 48.33278°N 45.61472°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Tsjernojarski |
Bevolking | |
• Totaal | 109 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416246 |
Die dorpie is deur 'n ryk handelaar gestig wat boere uit Oekraïne se Riwne-oblast na die gebied gebring het, dus het die dorp oorspronklik die naam Rowinka gekry. In die vroeë Sowjetera is dit herdoop ter ere van Semjon Kalnof, 'n held van die Russiese Burgeroorlog.
Demografie
wysigVolgens Sensus 2002 het Kalnofka 122 inwoners gehad. Geen etniese groep vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking nie, maar die grootste groep is Kalmikiërs.[1]
Etniese groepe | Sensus 2002 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 48 | 39,3% |
Russe | 38 | 31,1% |
Darginiërs | 24 | 19,7% |
Maris | 7 | 5,7% |
Tsjoewasjiërs | 5 | 4,1% |
Totaal | 122 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2002 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 14 Julie 2023.