Kana
Kana is 'n generiese term vir die lettergreep-georiënteerde Japannese skrifte hiragana (ひらがな) en katakana (カタカナ) sowel as die ou stelsel wat as manjogana bekendstaan. Hierdie skrifte het ontwikkel uit die logografiese karakters van Chinese afkoms wat in Japan bekendstaan as Kanji (漢字) (Chinese uitspraak "hànzì") as 'n alternatief en toevoeging tot laasgenoemde.
Kana | |
---|---|
Soort skryfstelsel | Lettergreepskrif |
Tale | Japannees, Okinawa, Ainoe, Palauaans[1] |
Tydperk | sedert 800 |
Voorloper | Orakelbeenskrif |
Rigting | Links-regs |
ISO 15924 | Hrkt, 412 |
Unicode alias | Katakana of Hiragana |
Nota | Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat |
Verder is kana tydens die Japannese besetting van Taiwan in Taiwannees opgeneem om die uitspraak van Chinese karakters soos furigana aan te dui.
Verwysings
wysig- ↑ Thomas E. McAuley, Language change in East Asia, 2001:90
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kana.
- 'n Kana-skryfboek (PDF)