Kapitularië
Kapitularië was die wetgewing wat die Frankiese konings vanaf die middel van die 8ste tot die einde van die 9de eeu afgekondig het en waarmee hulle die Frankiese Ryk bestuur het.
Etimologie
wysigDie amptelike taal van die Frankiese Ryk was middeleeuse Latyn. 'n Artikel van die wet heet capitulum meervoud capitula. 'n Versameling capitula word vanaf 774 'n capitulare genoem met capitularia as meervoud.
Kapitularië
wysig- 802: Capitulare missorum generale[1] -- 'n uitgebreide kapitularie wat as 'n soort grondwet vir Karel die Grote se nuwe keiserryk bedoel was.
- Capitulare Heristallense.
- Capitulare de Functionibus Publicis
- Capitulare de Latronibus
- (803) Capitulare Legibus Additum
- Capitulare Missorum Suessionense
- (825) Capitulare Olonnense Mundanum
- (803/4) Capitulare Ecclesiastica ad Salz
Soorte kapitularië
wysigDaar was verskeie soort kapitularië. Boretius het dit in sy Capitularia Regum Francorum[2] geklassifiseer.[3]
- Capitula legibus addenda
- Aanvullings by bestaande wetgewing
- Capitula ecclesiastica
- Wetgewing wat deur die biskoppe saamgestel word en deur die Frankiese konings vir alle christene in die ryk verplig gestel word
- Capitula per se scribenda
- Politieke dekrete en edikte wat aan alle onderdane opgelê word.
- Capitula missorum
- Opdragte aan die sendgrawe: die verteenwoordigers wat die koning hierdie jaar stuur
Verwysings
wysig- ↑ Avalon (Yale). Teks van die Capitulare missorum generale (en)
- ↑ A. Boretius, V. Krause MGH LL in quarto, Hannover 1883, 1897
- ↑ Ecyclopedia Britannica 1911 (publieke domein)