Karuru-waterval
Die Karuru-waterval is in die Aberdare-bergreeks in Kenia.
Ligging
wysigHierdie waterval in die Chaniarivier is in die suide van die Aberdare Nasionale Park, suidwes van die dorp Nyeri en 172 km noord van Nairobi. Dit lê op 2971 m bo seespieël en net suid van die ewenaar by koördinate 0° 22′ 0″ suid en 36° 54 0″ oos.
Waterval
wysigDie waterval van 272 m hoog bestaan uit 3 valle van onderskeidelik 117 m, 26 m en 130 m. Dus is dit die hoogste waterval in Kenia. Aan die oorkant van dieselfde kloof is die Gura-waterval.
Toerisme
wysigRondom die kloof is 'n woud met inheemse bome. Besoekers aan die afgeleë gebied kom ook na die omgewing om die welige plantegroei en dierelewe (veral voëls) te besigtig. Besoeke op die hoogtepunt van die reënseisoen word nie aangemoedig nie. Gewoonlik word besoekers deur ‘n gewapende gids vergesel. Hoogtevrees is vir sommige toeriste 'n uitdaging.
Bibliografie
wysig- fortuneofafrica.com
- goingplacesafrica.com
- heregoeskenya.com
- worldwaterfalldatabase.com
- zakenya.com