Kas van den Bergh
Kas van den Bergh (15 Augustus 1925 Matlapein, distrik Rustenburg – 5 Januarie 1997)[1] was 'n Afrikaanse skrywer en rubriekskrywer. [2]
Sy pa was 'n Christelik-Nasionale Onderwys (C.N.O.)-onderwyser[3][4] wat naby Pilansberg geboer het en hom later in Pretoria gevestig het. Kas se skoolopleiding was by Hoër Volkskool in Potchefstroom. In 1949 behaal hy 'n LLB.-graad aan die Universiteit van Pretoria, waarna hy hom in Randfontein vestig om as prokureur te praktiseer. Hy het gereeld rubrieke vir die Huisgenoot ('Saterdagaand tuis'), Rooi Rose [5] en ander tydskrifte en koerante geskryf, en ook 'n groot aantal speurromans, kortverhale, reekse en romans.
Hy het met 'n medestudent, Nellie Schlimmer, getrou en saam het hulle drie dogters, Rena, Sonia en Kieta in Randfontein grootgemaak. Rena het in haar pa se regsvoetspore gevolg en professor in Regsleer aan die Universiteit van Suid-Afrika geword. Kas se boerderywortels het sterk gebly en hy het teruggekeer na die Rustenburgse bosveld.
Werke
wysig- "Elke mossie wat val" ISBN 9781485302834
- "Man uit die vreemde" ISBN 9781485300892
- "Diamante spel troewe"
- "Die belydenis van Dr Elmarie"
- "Die berader"
- "Die beste van Kas van den Bergh: ´n omnibus van sewe verhale"
- "Blommetjie"
- "Kom huis toe asseblief"
- "Die Witmens se wette"
- "Die nuwe lewe"
- "Kain en Abel"
- "Andriesie"
- "Die lienk"
- "Die dinge langs die pad"
- "Die donker dae"
- "Die dood lag saam"
- "Die geval Lisinda"
- "Die goue tong"
- "Die jare tussenin"
- "Die Vontsteen-verhoor"
- "Die kampioen"
- "Die skuldiges"
- "Die verraaier"
- "Die wreker"
- "Doring tussen die rose"
- "Dwaalspoor van die liefde"
- "Elize"
- "Elke mossie wat val"
- "Held sonder keuse"
- "Jou uur het geslaan!"
- "Jy soek die dood"
- "Jy speel met die dood"
- "Kandidaat vir die galg"
- "Kas van den Bergh-Omnibus (Die wreker/Man uit die vreemde/ Die verraaier)"
- "Liefde wat krom is"
- "Liedjie van verlange"
- "Man uit die vreemde"
- "Môre se drome"
- "My mooi meisie"
- "My mooiste meisie"
- "‘n Galg vir Lisinda"
- "‘n Middag in die najaar"
- "Ontvlugting"
- "‘n Oomblik van ewigheid"
- "Nuwe seun op Overvaal"
- "Pad na Eensaamheid"
- "Saterdagaand tuis"
- "Sing jou lied van liefde"
- "Skaduwee oor Overvaal"
- "Skemerlig van liefde"
- "Soos wind deur populiere"
- "Spesialiste van Overvaal"
- "Twee keer moord"
- "Twee stories vir middernag"
- "Verdoem nie die getuie
- "Vlieë teen die ruite"
- "Vlug vir jou lewe!" [6]
Verwysings
wysig- ↑ "Kas van den Bergh (15/08/1925 – 5/01/1997) Archives – Bloemfontein Courant". Bloemfontein Courant (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2018. Besoek op 11 Januarie 2018.
- ↑ "Wie was Kas van den Bergh? Das Steyn vertel meer oor die storieverteller en". Protea Boekhuis @ Sunday Times Books LIVE (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2016. Besoek op 11 Januarie 2018.
- ↑ "CHRISTELIK-NASIONALE ONDERWYS". CKE (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2018. Besoek op 11 Januarie 2018.
- ↑ "Education in the Transvaal 1836–1936" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2018. Besoek op 8 Mei 2017 – via www.historicalpapers.wits.ac.za.
- ↑ "Rooi Rose 'n vrou vir alle tye". ShowMe™ – South Africa (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2022. Besoek op 11 Januarie 2018.
- ↑ "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2017. Besoek op 8 Mei 2017.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link)