Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Die Kasteel van Puivert (Frans: Château de Puivert) was 'n Kathaarsekasteel waarvan die bouvalle vandag nog naby die Suid-Franse dorp Puivert in die départementAude gesien kan word. Die middeleeuse vesting is bo-oor die dorp op 'n bergpiek met 'n hoogte van 605 meter opgerig. Puivert is in die gewes Quercorb geleë, sowat 60 kilometer suid van Carcassonne en 45 kilometer oos van Foix.
Die kasteel word deur die Franse departement van kultuur sedert 1907 as 'n monument historique gelys. Die kasteel is sindsdien in privaat besit en het danksy die goed bewaarde bergfried as coulisse vir 'n aantal filmproduksies gedien, waaronder Roman Polanski se The Ninth Gate en Le Peuple Migrateur.