Kategoriebespreking:Programmeertaal

Jongste opmerking: 17 jaar gelede deur Anrie in onderwerp Meervoud

Meervoud

wysig

Moet hierdie nie eerder 'n meervoud wees nie? Dinge wat gaan oor die onderwerp van 'n programeertaal (bv. vertalers, sintaks, ens.) kan dalk wel in hierdie kategorie wees. Wat dink ander? --Alias 11:26, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord

Stem vir meervoud - ons het tans talle kategorieë wat nog in die enkelvoud is, maar in die meervoud behoort te wees. Anrie 12:10, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord
Goed, kan ons dan programmeertaal en lys van programmeertale uit die kategorie haal en in die teks van die kategorieblad sit? Dis in elkgeval my voorstel. --Alias 14:57, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord
Gedoen (as ek jou reg verstaan het). Anrie 15:33, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord

Wat is 'n programmeertaal?

wysig

Terloops, ek beskou nie regtig HTML en XML as programmeertale nie. Hoort hulle hier? --Alias 11:26, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord

Hulle is tegniesgesproke "markup languages", maar jy kan my met 'n nat vis slaan as ek weet wat dit in Afrikaans is. Ek stel voor dat hulle maar daar bly tot iemand weet wat die korrekte vertaling van "markup" in hierdie konteks is. Anrie 12:11, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord
markup language -> markeertaal. --Alias 14:57, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord
Soos ek die konsep van 'n programmeertaal verstaan, val HTML en XML nie onder die kategorie daarvan nie. Stel dit so: HTML/XML word nie geinterpreteer om iets te doen nie, maar om iets voor te stel. Syke107 15:08, 7 Maart 2007 (UTC)Beantwoord
Terug na "Programmeertaal"-bladsy.