Katsushika Hokusai
Katsushika Hokusai (Japannees: 葛飾北斎, ; ca. 31 Oktober 1760 – 10 Mei 1849) was 'n Japannese houtsneekunstenaar wat ukiyo-e, die tradisionele Japanse kuns van houtsnee, beoefen het. Hokusai het binne alle genres van ukiyo-e gewerk, maar het beroemd geword vir sy landskappe. Van sy bekendste werke is die "Ses-en-dertig gesigte van die berg Foedji" en die "Hokusai Manga".
Katsushika Hokusai | |
---|---|
Selfportret van Hokusai in 1839 | |
Geboortenaam | Tokitarō (時太郎) |
Gebore | ca. Edo (hedendaagse Tokio), Japan | 31 Oktober 1760
Sterf | 10 Mei 1849 (op 88) Edo (hedendagse Tokio), Japan |
Nasionaliteit | Japan |
Veld | Skildery en ukiyo-e houtblok drukwerk |
Werke | The Great Wave off Kanagawa |
In die weste word hy veral erken vir sy "Groot Golf van Kanagawa", 'n uitgekerfde houtblok waar 'n paar bootjies tussen reusagtige golwe vaar. Die grootste golf styg soos 'n monster se klou oor die bootjies uit. Die golf verbeeld die krag van die natuur en selfs die krag van die roeiers.
Hokusai is op 10 Mei 1849 oorlede. Hy laat 30 000 werke na. Sy laaste woorde was blykbaar: "Nog tien jaar, of selfs vyf, en ek sou 'n groot kunstenaar geword het".
Hokusai was 'n bron van inspirasie vir die Japanse kunstenaar Ando Hiroshige, asook vele ander kunstenaars vanoor die hele wêreld.
Galery
wysig-
Landskap met twee valkeniers.
-
The Dream of the Fisherman's Wife, 1814.
-
Hokusai-Manga, 1814–1815.
-
Pining for Love, ca. 1815.
-
Groot Golf van Kanagawa, 1830–1833.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Katsushika Hokusai.
- Hokusai-museum in Obuse, Japan
- Sy werke in Tokio se digitale museum Geargiveer 3 Oktober 2008 op Wayback Machine