Kearney
Kearney is 'n klein kusdorp aan die suidpunt van die Ards-skiereiland in die Noord-Ierse graafskap Down, net oos van Portaferry.
Die dorp, wat tans deur die National Trust bestuur word, het in die 19de eeu 'n vissersgemeenskap gehuisves wat onder meer vir sy she-cruiser bekend gestaan het, 'n vissersboot wat slegs deur vroue beman is. Tans is Kearney 'n ontspanningsoord en toeristetrekpleister wat onder meer voëlkykers lok. Die dorp bied wandelroetes deur die kuslandskap met weivelde, sandstrande en rotse.[1]