Kerk van Griekeland
Die Kerk van Griekeland (Grieks: Ἐκκλησία τῆς Ἑλλάδος, Ekklisía tis Elládos) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Athene en die Hele Griekeland.
Kerk van Griekeland | ||
Die Sint Demetrius-kerk in Thessaloniki. | ||
Moederkerk | Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel | |
Stigtingsjaar | 1833 | |
Stigter | Otto van Griekeland | |
Status | Outokefaal | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Ieronymos | |
Hoof se titel | Aartsbiskop van Athene en die Hele Griekeland | |
Setel | Athene, Griekeland | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Grieks | |
Kalender | Hersiene Juliaanse kalender | |
Gelowiges | 10 miljoen | |
Bisdomme | 81 | |
Webtuiste | ||
http://www.ecclesia.gr |
- Vir die oorkoepelende liggaam van Grieks-Ortodokse kerke sien Grieks-Ortodokse Kerk.
Die naam moenie verwar word met die term Grieks-Ortodokse Kerk, wat na verskeie kerke binne die Oosters-Ortodokse Kerk verwys, nie.
Die Kerk van Griekeland se gebied is beperk tot die land se grense voor die Balkan-oorlog van 1912–1913. Die res van Griekeland val onder die jurisdiksie van die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel. Vir praktiese redes word van laasgenoemde gemeentes de facto deur die Kerk van Griekeland geadministreer volgens ’n ooreenkoms met die Patriargaat van Konstantinopel.
Bibliografie
wysig- Tomkinson, John L., Between Heaven and Earth: The Greek Church, Anagnosis (Athene, 2004) ISBN 960-87186-5-1
- Typikon aanlyn http://www.e-typikon.com Geargiveer 12 Junie 2008 op Wayback Machine