Killarney
Killarney (Iers: Cill Airne [ˈcɪl̠ʲ ˈaːɾˠnʲə] "Sleedoring-kerk") is 'n nedersetting in die Suidwes-Ierse graafskap Kerry en een van vier munisipale distrikte waarin die graafskap verdeel is. Killarney is aan die noordoostelike oewer van Lough Leane geleë wat deel uitmaak van die Nasionale Killarney-park.
Killarney Cill Airne (Iers-Gaelies) | |
---|---|
Dorp | |
St Mary's Cathedral, suidaansig | |
Byname: The Town in the Park | |
Koördinate: 52°03′32″N 9°30′26″W / 52.05889°N 9.50722°W | |
Land | Republiek van Ierland |
Provinsie | Munster |
Graafskap | Kerry |
Raad (Council) | Kerry County Council |
Stigting van klooster op Innisfallen-eiland | 640 |
Regering | |
• Tipe | Stadsraad en burgemeester |
• Burgemeester (2017-18) | Cllr. Niall Kelleher |
Hoogte | 50 m (160 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 14 504 |
Tydsone | UTC+00:00 (WET) |
• Somertyd | UTC+01:00 (IST) |
Skakelkodes | +353 (0)64 |
Webwerf | killarney.ie |
Killarney is danksy sy ligging aan die gewilde Ring of Kerry-toeristeroete en sy ryk erfenis aan historiese geboue, waaronder die Sint Maria-katedraal (St Mary's Cathedral), die herehuis Muckross House en die bouvalle van die Muckross-abdy en die klooster op Innisfallen-eiland, asook die natuurwonders in sy omgewing, waaronder die drie "Mere van Killarney", die bergreeks MacGillycuddy's Reeks, die bergpieke Purple Mountain en Mangerton Mountain, die bergpas Gap of Dunloe en die Torc-waterval, reeds sedert die middel van die 18de eeu 'n gewilde toeristebbestemming.
Killarney, 'n welvarende voorstad in die noorde van Johannesburg, is na die Ierse Killarney genoem.