Killiney
Killiney (Iers: Cill Iníon Léinín "Kerk van die Dogters van Léinín") is 'n welvarende strandoord aan die ooskus van die Republiek Ierland, geleë in die graafskap Dún Laoghaire-Rathdown. Dit grens aan twee ander welvarende nedersettings net suid van Dublin, Dalkey in die noorde en Shankill in die suide. Die nedersetting het rondom die 11de eeuse Killiney-kerk gegroei en in die 19de eeu tot 'n gewilde strandoord ontwikkel.
Killiney Cill Iníon Léinín | |
---|---|
Dorp | |
Killiney Bay | |
Koördinate: 53°15′54″N 6°7′00″W / 53.26500°N 6.11667°W | |
Land | Ierland |
Provinsie | Leinster |
Graafskap | Dún Laoghaire-Rathdown |
Hoogte | 30 m (100 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 9 579 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (IST) |
Die kuspad vanaf Dalkey na Killiney bied van die pragtigste uitsigte langs Ierland se ooskus wat dikwels met dié oor die Baai van Napels vergelyk word.[1]
Eksterne skakels
wysig- Killiney-kasteel
Verwysings
wysig- ↑ DK Eyewitness Travel Ireland 2018. London: DK Penguin Random House 2017, bl. 107