Kinloch Castle
Kinloch Castle (Skots-Gaelies: Caisteal Cheann Locha) is 'n laat-Victoriaanse kasteelagtige herehuis wat tussen 1897 en 1900 teen 'n koste van £250 000 - £15 miljoen volgens die huidige waarde van die Britse pond - op die eiland Rùm, een van die sogenaamde Small Isles langs die kus van Skotland, opgerig is. Die kasteel het as privaat woning en somerkasteel vir Sir George Bullough, 1ste Baronet gedien, 'n tekstielmagnaat uit Lancashire wie se vader Rùm as somerverblyfplek en jaggrond gekoop het.
Wat sy gerieflikhede betref, was Kinloch Castle sy tyd vooruit. Dit was die eerste privaat woning in Skotland wat van 'n interne telefoonstelsel voorsien is en daarnaas oor 'n sentrale verwarming, lugreëling en sy eie kragopwekker beskik het.
Alhoewel Kinloch Castle in sy huidige toestand steeds as een van die bes bewaarde Edwardiaanse hoërklaswonings beskou word, bly sy toekoms onseker omrede omvattende restourasiewerk benodig word. Kasteel en eiland is tans in besit van Scottish Natural Heritage wat 'n deel van Kinloch Castle tot 2015 as toeristeherberg bedryf het. Besigtigingstoere deur die kasteel se hoofvertrekke word steeds aangebied.
In 1996 is die Kinloch Castle Friends Association gestig om die toekoms van Kinloch Castle op die lang termyn te verseker.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Beskrywing (boekie met foto's)
- Voorstel vir die toekoms van Kinloch Castle
- Orchestrion
- The Musical Box Society of Great Britain - The Music Box, vol. 28, no. 5: Die orchestrion in Kinloch Castle
- The Musical Box Society of Great Britain - Queen Victoria's Orchestrion
- Voehrenbach.de: Orchestrion - Geschichte der Produktion mechanischer Musikinstrumente in Vöhrenbach[dooie skakel]
- Kunsskatte van Kinloch Castle
- Media