Klas 5-stoomlokomotief
Die Klas 5 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is. Die klas het vier subklasse. Hierdie klas staan bekend as die Karoo's.
Klas 5R no. 781 afgetree by De Aar, 15 April 1978 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Kaapse Regeringspoorweë[1] |
Vervaardiger | Vulcan Foundry |
Serienommer | 2774–2777 |
Model | CGR Karooklas |
Klas | Klas 5, Klas 5A, Klas 5B en Klas 5R |
Vervaardig | 1912 [2] |
Aantal gebou | 4 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-6-2 "Pacific" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 775 mm (30 ½ dm) |
Dryfwielomtrek | 1 570 mm (62 dm)[3] |
Agterwielomtrek | 864 mm (34 dm) |
Wielbasis | Totaal: 17.024 m Enjin: 3.251 m per gekoppelde deel, 8.966 m totaal Tender: 1.397 m boegie, 5.105 m totaal |
Lengte | 19.520 m |
Hoogte | 3.912 m |
Raamwerk | Staafraam |
Asbelasting | 16.0 t op die 3de drywer |
Massa op dryfwiele | 47 t |
Lokomotiefmassa | 69.3 t |
Tendermassa | 21.8 t leeg 50.1 t gelaai |
Gesamentlike massa | 119.4 t gelaai |
Tendertipe | XM2 – XC, XC1, XO, XE, XE1, XF, XF1, XF2, XJ, XM, XM1, XM2, XM3, XM4, XS toelaatbaar * 2 asboegies |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 10.2 t |
Waterkapasiteit | 18 000 ℓ |
Stoomketel | 1.524 m omtrek |
Stoomketeldruk | 1 380 kPa |
184 buise van 57.1 mm diameter totaal 178.745 m2 | |
– Vuurkas | 13.192 m2 |
191.938 m2 | |
Oorverhittersoort | Geen |
Silinders | Twee |
Klepwerk | Stephenson |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 110.6 kN teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Kaapse Regeringspoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 4 |
Vlootnommer(s) | 780-783 [2][4] |
Bynaam | Karoo |
Afleweringsdatum | 1912 |
Eerste tog | 1912 |
Onttrekkingsdatum | 1969 |
Klas 5A
wysigHierdie klas is 'n Kaapse Regeringspoorweë (CGR)-lokomotief, ontwerp deur H.M. Beatty en gebou deur Kitson and Company in 1903. Die eerste twee lokomotiewe was toegerus met Stephenson skakels en was nie met superverhitters toegerus nie. Die stoomketel moes spesiaal aangepas word om voorsiening te maak vir die groot dryfwiele. Die klas is in 1940 uit diens onttrek.
Klas 5B
wysigGedurende 1904 is nog vier lokomotiewe afgelewer deur Beyer, Peacock and Company. Hulle was soortgelyk aan Klas 5A, maar is geklassifiseer as Klas 5B.
Klas 5BR
wysigKlas 5B-lokomotiewe wat nuwe stoomketels benodig het, is toegerus met die standaard nommer 1 stoomketel en hergeklassifiseer as Klas 5BR.
Die hoof-meganiese ingenieur A.G. Watson het ook Klasse 5B en 5BR toegerus met klepsilinders maar nie hulle klassifikasie verander nie. Voorbeelde van die klas het diens gedoen in die Kaap en was bekend in die Strand en Stellenbosch.
Klas 5 en Klas 5R
wysigVier lokomotiewe met groter stoomketels wat effens hoër geïnstalleer was, is afgelewer deur Vulcan Foundry in 1912 en geklassifiseer as Klas 5. Hulle was ook bekend as die Verbeterde Karoo's. Slegs een lokomotief se stoomketel is later vervang en hergeklassifiseer as Klas 5R. Die res van Klas 5 is uit diens gestel in 1942 en Klas 5R het toe diens gedoen in die Strand en Stellenbosch. Later is die lokomotief oorgeplaas na Germiston waar dit diens gedoen het tot in 1969 waarna dit uit diens gestel is.
Verwysings
wysig- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. p. 40
- ↑ 2,0 2,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1ste uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 13, 137. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig
- ↑ Klassifikasie van S.A.R. lokomotiewe met hernommerlyste, uitgereik deur die Kantoor van die Hoofmeganiese Ingenieur, Pretoria, Januarie 1912, pp. 7, 12, 15, 35