Klein-Koebeepas

bergpas in Suid-Afrika

Die Klein-Koebeepas is op ‘n afgeleë grondpad in die Bokkeveldberge in die Wes-Kaap.

Hierdie rowwe en steil grondpad is by nagenoeg 31° 31′ suid, 18° 57 oos en op die oostelike grens van die Knersvlakte. Dit verbind enkele plase met Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville. Met gewone motors is dit moeilik begaanbaar en dikwels is sekere hekke gesluit.

Lees ook

wysig

Bibliografie

wysig
  • Slingsby: Cederberg -The touring map. www.slingsbymaps.com
  • mountainpassessouthafrica. co.za