Klerkskraaldam
Die Klerkskraaldam is in die Mooirivier in Noordwes, Suid-Afrika. Die dam is langs die N14 nasionale pad tussen Ventersdorp en Krugersdorp geleë.
Klerkskraaldam | |
---|---|
Amptelike naam | Klerkskraaldam |
Ligging | Noordwes |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 26°15′8″S 27°9′36″O / 26.25222°S 27.16000°O |
Dam in | Mooirivier |
Doel | Besproeiing |
Openingsdatum | 1965 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 13 m |
Lengte van wal | 605 m |
Bakmaat | 7 900 000 m³ |
Reservoir | Klerkskraaldam Reservoir |
Damoppervlak | 377 ha |
Die damwal is 13 meter hoog, terwyl die dam 'n oppervlakarea van 377 hektaar beslaan en 'n kapasiteit van 7 900 000 m2 water het. Dit is in 1965 geopen.
Die dam is veral gewild onder hengelaars. Die water is kristalhelder en dis nie altyd so maklik om die visse te vang nie.