Kleurpunt-langhaarkat
Die kleurpunt-langhaarkat (Engels: Colourpoint Longhair), of Himalajakat (Himalayan) soos hy in die VSA genoem word, is ’n langharige katras waarvan die voorkoms ooreenstem met dié van die Persiese kat. Die enigste verskille is sy blou oë en kleurpunte, ’n gevolg van die kruisteling van die Persiese kat met die Siamese kat.
Kleurpunt-langhaarkat | ||||
Alternatiewe naam | Himalajakat (Amerika) | |||
Land | Brittanje | |||
Ontstaan | Kruisras | |||
Soort lyf | Stewig | |||
Pels | Lank | |||
Patroon | Kleurpunt | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
Nota: Die kat word nie deur alle verenigings as ’n aparte ras beskou nie. | ||||
|
Geskiedenis
wysigHoewel soortgelyke rasse reeds honderde jare lank bestaan, is eers in die 1950's begin met die teling van kleurpunt-langhaarkatte, soos hulle in Europa en Suid-Afrika bekend is.[1] Die Amerikaanse naam kom van ander diere met kleurpunte, veral die Himalajakonyn.[2]
Hoewel The International Cat Association (TICA) hulle as ’n aparte ras beskou, word hulle saam met die Persiese kat en die eksotiese korthaarkat ('n Persiese kat met kort hare) gegroepeer onder ’n "Persiese teelgroepstandaard".[3] Die Amerikaanse Cat Fanciers' Association en die Southern African Cat Council (SACC) beskou hulle as ’n kleurvariasie van die Persiese kat.
Beskrywing
wysigNes die Persiese kat is die kleurpunt-langhaar geneig om ’n ronde lyf met kort bene te hê, wat dit vir hulle moeilik maak om so hoog soos ander katte te spring. Ook nes by die Persiese kat is daar twee soorte, die "tradisionele" of "popgesig"-soort met meer uitstaande snoete en die "ultra"-gesigte met die platter snoete. Die bloupuntkat op die foto links bo is ’n popgesig, terwyl die rooipuntkat links onder ’n ultra-gesig het. Van die kleure wat onderskei word, is bloupunt, sjokoladepunt, room-/rooi-/vlampunt en robbruinpunt.
Die katte is sagmoedig, intelligent en in die algemeen baie sosiaal. Vanweë hul Siamese bloed is hulle gewoonlik aktiewer as Persiese katte.
Weens hul Persiese bloed kan hulle die geen dra wat polisistiese niersiekte veroorsaak, maar ’n genetiese toets kan gedoen word om te bepaal watter katte die geen dra en hulle kan dat gesteriliseer of gekastreer word.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Die ontwikkeling van die kleurpunt-langhaar http://www.cfa.org/Client/persianhimalayan.aspx Geargiveer 6 Augustus 2012 op Wayback Machine
- ↑ "Himalayan Cat" (in Engels). Pet Finder. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020.
- ↑ TICA Persian Breed Group Standard[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysig- CFA-artikel oor teling Geargiveer 9 Mei 2008 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kleurpunt-langhaarkat.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia