Klipbergdam
Dam in McGregor, Wes-Kaap
Die Klipbergdam verskaf besproeiingswater aan plase in die omgewing van McGregor.
Klipbergdam | |
---|---|
Amptelike naam | Klipbergdam |
Ligging | naby McGregor |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°56′30″S 19°47′20″O / 33.94167°S 19.78889°O |
Dam in | Koningsrivier |
Doel | Besproeiing |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boogdam |
Hoogte van wal | 26 m |
Lengte van wal | 103 m |
Reservoir | Klipbergdam |
Kapasiteit | 1 990 000 m³ |
Opvanggebied | 0,25 km² |
Damoppervlak | 26,5 ha |
Hierdie dam lê in die vallei van die Koningsrivier, ‘n sytak van die Breederivier, wes van McGregor, suidwes van Robertson, net oos van die Skuilkrans-natuurreservaat en aan die noordekant van die Riviersonderendberge. Dit is by die koördinate 33° 56′ 30″ suid en 19° 47′ 20″ oos.
Die dam is in 1964 gebou, het ‘n volume van net onder die 2 miljoen m³ met ‘n damwal wat 103 m lank is. Die stumeer wat gevorm word, is maksimaal ‘n kwart km² groot.