Koninklike Australiese Vloot
Die Koninklike Australiese Vloot (KAV) is die vloottak van die Australiese Weermag. Na die totstandkoming van die Gemenebes van Australië in 1901, is die skepe en hulpbronne van die afsonderlike koloniale vlote opgeneem in 'n nasionale mag: die Statebondsvlootmagte. Nadat dit oorspronklik bedoel was vir plaaslike verdediging, is die titel van "Koninklike Australiese Vloot" aan die vloot verleen in 1911, en het dit toenemend verantwoordelikheid aanvaar vir die verdediging van die streek.
Koninklike Australiese Vloot Royal Australian Navy | |
---|---|
Gestig | 1911 |
Land | Australië |
Tipe | Vloot |
Vaandel | |
Hoofkwartier | Russell Offices, Canberra |
Aantal lede | 47 skepe 14 215 personeel |
Veldslae | Verskeie |
Brittanje se Royal Navy het voortgegaan om die Australiese Vloot te ondersteun, en het bykomende blouwater-verdedigingsvermoë in die Stille Oseaan verskaf tot en met die vroeë jare van die Tweede Wêreldoorlog. Daarna het vinnige oorlogstydse uitbreiding die verkryging van groot skepe en die bou van baie kleiner skepe tot gevolg gehad. In die dekade na die oorlog is 'n klein aantal vliegdekskepe ook in diens gestel, die laaste van hierdie is opgeskort in 1982.
Die vloot is een van die grootste en mees gesofistikeerde seemagte in die Suid-Stille Oseaan-streek, met 'n beduidende teenwoordigheid in die Indiese Oseaan en by wêreldwye bedrywighede ter ondersteuning van militêre operasies en vredessendings. Die huidige Hoof van die Vloot is Vise-Admiraal Michael Noonan.
Vloot
wysigTeen Julie 2022 bestaan die Koninklike Australiese Vloot uit 43 oorlogskepe, insluitende torpedojaers, fregatte, duikbote, patrolliebote plus 'n verdere 4 nie-gekommandeerde hulpskepe.[1] Skepe wat opgekommandeer is, word met die voorvoegsel HMAS (Haar Majesteit se Australiese Skip) benoem.[2]
Die vloot beskik oor twee primêre basisse:
- Vlootbasis-Oos,[3] geleë op HMAS Kuttabul, Sydney; en
- Vlootbasis-Wes,[4] geleë op HMAS Stirling, naby Perth.
Daarbenewens is drie ander basisse die tuiste van die meerderheid van die Koninklike Australiese Vloot se kleiner oorlogskepe:[5][6][7]
- HMAS Cairns, by Cairns;
- HMAS Coonawarra, by Darwin; en
- HMAS Waterhen, by Sydney.
Vaartuie | |||||
---|---|---|---|---|---|
Beeld | Klas/naam |
Tipe | Aantal | Diensaanname | Detail |
Collins-klas | Duikboot | 6 | 2000 | Teenskip, intelligensieversameling. Diesel-elektries aangedrewe. | |
Canberra-klas | Helikopter- landingsdok |
2 | 2014 | Amfibiese oorlogvoering. | |
Hobart-klas | Torpedojaer | 1 (2) | 2017 | Lugoorlogvoering, torpedojaer | |
Anzac-klas | Fregat | 8 | 1996 | Teenduikboot- en teenvliegtuig-fregat met 1 helikopter. | |
Adelaide-klas | Fregat | 2 | 1985 | Algemene doel-geleidemissiel fregat met 2 helikopters. | |
Armidale-klas | Patrollieboot | 13 | 2005 | Kusverdediging, maritieme grenspatrollie, visserybeskerming | |
Huon-klas | Mynveër | 6 | 1997 | Mynopruim | |
Leeuwin-klas | Opmetingskip | 2 | 2000 | Hidrografiese ondersoeke | |
Paluma-klas | Opmetings- lanseerder |
4 | 1989 | Hidrografiese ondersoeke | |
HMAS Choules (Bay-klas) |
Skiplandingsdok | 1 | 2011 | Swaar seehyskraan en transport | |
HMAS Success (Durance-klas) |
Bevoorradingskip | 1 | 1986 | ||
HMAS Sirius | Bevoorradingskip | 1 | 2006 |
-
MRH-90 van 808 Eskader
-
S-70 Seahawk van 816 Eskader
Personeel
wysigTeen Junie 2011 het die KAV 14 215 permanente voltydse personeel, 161 gapingjaarpersoneel en 2 150 reserwepersoneel gehad. Die permanente lede het bestaan uit 3 357 offisiere met 10 697 personeel op bystand. In Junie 2010 was 82% van die permanente voltydse magte manlik, terwyl vroulike personeel 18% uitgemaak het. Die vloot het die hoogste persentasie vroue in die Australiese Weermag, in vergelyking met die Australiese Lugmag se 17.8% en die leër se 9.7%.
Verwysings
wysigNotas
wysig- ↑ "Current Ships" (in Engels). Royal Australian Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 23 September 2017.
- ↑ Frame 2004, p. 96.
- ↑ "Fleet Base East" (in Engels). Royal Australian Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2020. Besoek op 31 Augustus 2014.
- ↑ "Fleet Base West" (in Engels). Royal Australian Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2020. Besoek op 31 Augustus 2014.
- ↑ "HMAS Cairns" (in Engels). Royal Australian Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2020. Besoek op 31 Augustus 2014.
- ↑ "HMAS Coonawarra" (in Engels). Royal Australian Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 31 Augustus 2014.
- ↑ "HMAS Waterhen" (in Engels). Royal Australian Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 31 Augustus 2014.
Bibliografie
wysig- Dennis, Peter; Grey, Jeffrey; Morris, Ewan; Prior, Robin (1995). The Oxford Companion to Australian Military History. Melbourne: Oxford University Press. ISBN 0-19-553227-9.
- Frame, Tom (2004). No Pleasure Cruise: The Story of the Royal Australian Navy. Crows Nest, New South Wales: Allen & Unwin. ISBN 1-74114-233-4.
- Gillett, Ross; Graham, Colin (1977). Warships of Australia. Adelaide, South Australia: Rigby. ISBN 0-7270-0472-7.
- Whitley, M. J. (2000) [1988]. Destroyers of World War Two: An International Encyclopedia. London: Cassell. ISBN 1-85409-521-8.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koninklike Australiese Vloot.