Koos Raubenheimerdam
Die Koos Raubenheimerdam is 'n opgaardam in die Boesmansrivier in die Klein Karoo. Dit het 'n betonwal wat 390 meter lank en 35 meter hoog is vanaf die rivierbedding. Wanneer die dam vol is, is die meer 15 km lank.
Koos Raubenheimerdam | |
---|---|
Ligging | Kango, Klein-Karoo |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°24′22.5″S 22°17′1.6″O / 33.406250°S 22.283778°O |
Dam in | Boesmansrivier |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 35 m |
Lengte van wal | 390 m |
Kapasiteit | 9,2 miljoen kub. meter |
Damoppervlak | 0,42 km² |
Watervlak | 587 m |