Koutloumousiou-klooster
Die Koutloumousiou-klooster (Grieks: Μονή Κουτλουμουσίου) is ’n Oosters-Ortodokse klooster op Berg Athos in Griekeland. Dit is sesde in rang van die skiereiland se kloosters. Daar is sowat 20 werkende monnike.
Die klooster is gestig met die hulp van die krygshere Nicolae Alexandru en Vladislav Vlaicu van Wallachye. Onder die skatte is glo die grootste reliek van die Heilige Kruis. Daar is ook 662 manuskripte en sowat 3 500 gedrukte boeke.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Koutloumousiou op Berg Athos se webtuiste Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine
- Griekse departement van kultuur: Koutloumousiou Geargiveer 29 Oktober 2006 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia