Kowynspas
Die Kowynspas is 'n bergpas in Mpumalanga, Suid-Afrika en dra die R533-streeksroete oor die Drakensberg. Die pas is vernoem na Kowyn, 'n Sothohoofman wat in die nabyheid gewoon het. Die pas is op 3 Oktober 1959 geopen. Dit begin net buite Graskop op 'n hoogte van 1 448 m en val dan 500 m teen 'n helling van 1:14 tot by Bosbokrand.[1]
Kowynspas | |
Koördinate: 24°57′39″S 30°51′46″O / 24.96083°S 30.86278°O | |
---|---|
Ligging | Tussen Graskop en Bosbokrand |
Maksimumhelling | 1:14 |
Hoogte | 1 448 m |
Oppervlak | Teer |
Voltooi in | 1959 |