Kullħadd
(Aangestuur vanaf KullĦadd)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kullħadd (Elke Sondag) is 'n Maltese Sondagkoerant wat sedert 25 Julie 1993 in Ħamrun deur die Malta Labour Party uitgegee word. Die hoofredakteur is Felix Agius (Julie 2008).
Kullħadd behoort saam met It-Torca (Union Press) en Il-Mument (Nationalist Party) tot die Malteestalige Sondagkoerante en verskyn in ponieformaat. Daar is geen amptelike oplae nie, maar volgens 'n berig van die Europäische Medieninstitut is Kullħadd een van die belangrike koerante van dié land.[1]
Verwysings
wysig- ↑ „Die Information der Bürger in der EU: Pflichten der Medien und der Institutionen im Hinblick auf das Recht des Bürgers auf umfassende und objektive Information“ Geargiveer 25 April 2019 op Wayback Machine, Düsseldorf 31 Augustus 2004, p. 141-142
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webwerf (Maltees)