Kyrkbron
betonbrug in die Sweedse stad Umeå.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Kyrkbron (die Kerkbrug) is 'n betonbrug in die Sweedse stad Umeå.
Dit is die derde brug in die stad wat oor die Ume-rivier gebou is. Eintlik is die brug uit twee afsonderlike brûe saamgestel, elk met 'n laan met op- en afritte wat oor die rivier aan die noordekant strek. Die Kerkbrug is gebou om die verkeer op die nabygeleë Tegsbron te verminder. Die brug is 391 meter lank en het 'n langste span van 47 meter. Die konstruksie van die brug het op 16 Junie 1972 begin en die brug is op 26 September 1975 geopen.
Beelde
wysig-
Die brug in 2011
-
Onderkant van die brug
-
Alternatiewe roete in 1965
Kyk ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Kyrkbron. |