Lae aardwentelbaan

Wentelbaan om die Aarde, laer as 2000 km.

'n Lae aardwentelbaan (LAW) is 'n wentelbaan om die Aarde met 'n periode van 128 minute of minder (ten minste 11.25 omwenteling per dag) en 'n eksentrisiteit van kleiner as 0.25.[1] Die meeste van die kunsmatige voorwerpe in die ruimte is in 'n lae aardwentelbaan met 'n hoogte van nooit meer as een-derde van die Aarde se radius nie of ongeveer 2 000 km nie.[2]

'n Vergelyking van die geostasionêre Aarde wentelbaan met GPS, GLONASS, Galileo en Compass (medium Aarde wentelbaan) satelliet navigasie stelsels se wentelbane saam met die Internasionale Ruimtestasie, Hubble-ruimteteleskoop en Iridium konstellasie wentelbane met die weklike grote van die Aarde.[N 1] Die Maan se wentelbaan is ongeveer nege keer groter (in radius en lengte) as die geostasionêre wentelbaan.[N 2]

Die ruimte onder 2 000 km staan bekend as die LAW-gebied.[3] Voorwerpe in wentelbane wat deur die gebied gaan, selfs as hulle 'n apokintion verder uit het of sub-wentelbaan het, word hulle goed dopgehou omrede die risiko groot is dat hulle met baie LAW satellite kan bots.

Die Apollo-program se vlugte is die enigste bemande ruimtevlugte wat verby die LAW beweeg het, alle ander bemande vlugte het binne die lae aardwentelbaan gebly.

Sien ook

wysig

Notas

wysig
  1. Omwenteling perioades en snelhede word bereken deur die verhoudings 4π2R3 = T2GM en V2R = GM, waar R die radius is van die wentelbaan in meters; T, die omwentelingsperiod in sekondes; V, die omwentelingsnelheid in m/s; G, die gravitasie konstante ≈ 6.673×10-11 Nm2/kg2; M, die massa van die Aarde ≈ 5.98×1024kg.
  2. Die Maan se wentelbaan is nie perfek rond nie en is ongeveer 8.6 keer verder weg van die Aarde as die die geostasionêre ring wanneer die Maan by sy perikintion is (363 104 km ÷ 42 164 km) en 9.6 keer verder weg as die Maan by sy apokintion is (405,696 km ÷ 42,164 km).

Verwysings

wysig
  1. "Current Catalog Files". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2018. Besoek op 13 Julie 2018. LEO: Mean Motion > 11.25 & Eccentricity < 0.25
  2. Sampaio, Jarbas; Wnuk, Edwin; Vilhena de Moraes, Rodolpho; Fernandes, Sandro (1 Januarie 2014). "Resonant Orbital Dynamics in LEO Region: Space Debris in Focus". Mathematical Problems in Engineering. 2014: Figure 1: Histogram of the mean motion of the cataloged objects. doi:10.1155/2014/929810. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2021. Besoek op 13 Julie 2018.
  3. "IADC Space Debris Mitigation Guidelines" (PDF). INTER-AGENCY SPACE DEBRIS COORDINATION COMMITTEE: Issued by Steering Group and Working Group 4. September 2007. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2018. Besoek op 17 Julie 2018. Region A, Low Earth Orbit (or LEO) Region – spherical region that extends from the Earth's surface up to an altitude (Z) of 2,000 km