Langste woord

Wikimedia lysartikel

Sekere Afrikaanse woordsamestellings kan besonders lank wees en daar is altyd iemand wat met 'n langer en meer onpraktiese woord vorendag kan kom. Volgens die TOTAL Book of SA Records word die langste Afrikaanse woord aangegee as Hottentottensoldatetentoonstellingstoegangskaartjieknipapperaatbedieningsmeganismehersteller (98 letters).

Van die ander langer woorde sluit in:

  • gespikkeldeminiatuurgroentekewer (33 letters)
  • meervoudigeprobleemsiektetoestande (35 letters)
  • metaaloksiedsilikonveldeffektransistor (39 letters)
  • gewapendebetonbrugkonstruksiemaatskappy (40 letters)
  • Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein (44 letters)
  • wildewaatlemoenkonfytstukketentoonstellingsparades (52 letters)
  • wildewaatlemoenkonfytresepteboekassistentsraadgewer (53 letters)
  • landbouprodukkwaliteitversekeringsinstrumentverkopermaatskappy (62 letters)
  • Tweedehandsemotorverkoopsmannevakbondstakingsvergaderingsameroeperstoespraakskrywerspersverklaringuitreikingsmediakonferensie-aankondiginkies (141 letters)

Die langste woord opgeneem in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls(AWS) is

  • Bosveldstollingskompleks-navorsingseenheid (41 letters)

Bronne

wysig