Die Lannerkloof is in die verre noorde van die Krugerwildtuin geleë. Dit vorm die grens tussen die res van die Krugerwildtuin na die suide en die Makuleke-konsessie na die noorde. Dit is deur die Levuburivier uitgekerf en is op sommige plekke meer as 150 m diep.

Lannerkloof vanaf die sogenaamde "Lookout"-punt aan die Makuleke-kant, een van die hoogste plekke in die kloof.
"Desert rose" in die Jura sandsteen teen die hange van die Lannerkloof.

Lannerkloof is ongeveer 11 km lank en is in sandsteen en skalie gekerf.[1]

Die boonste rotse is gruis wat vermoed word dat dit uit die Kryttydperk kom, terwyl die onderste skalie vermoedelik uit die Perm-tyd kom.[2] Die meerderheid van die kranse bestaan blykbaar uit sandsteen van die Trias- en Jura-tydperke wat onder droë toestande gevorm is.

22°26′19″S 31°08′48″O / 22.43861°S 31.14667°O / -22.43861; 31.14667

Verwysings

wysig
  1. Berger, L.R. (2004). "Into the Heart of Eden" (PDF). Prime Origins. p. 97. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 15 Oktober 2008. Besoek op 10 Maart 2021.
  2. Berger, L.R. (2005). "the History of the Makuleke Concession" (PDF). Wilderness Safaris. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 September 2007.