Leadership in Energy and Environmental Design
LEED (Engels vir Leadership in Energy and Environmental Design) is 'n puntestelsel wat in 1998 deur die VSA se Green Building Council (USGBC) opgestel is om geboue mee te beoordeel. Dit maak 'n stel standaarde vir die omgewingsvriendelike en onderhoubare konstruksie van geboue beskikbaar.
Sertifikasieprogram
wysigLEED v2.2 maak voorsiening vir die toekenning van 69 moontlike punte en vier sertifikasies vir nuwe konstruksies en groot opknappings aan kommersiële geboue:
- Sertifikasie – 26-32 punte
- Silwer – 33-38 punte
- Goud – 39-51 punte
- Platinum – 52-69 punte
Professionele akkreditasie
wysigProfessionele persone wat in "groen"-geboue spesialiseer kan 'n LEED-akkreditasie bekom deur die LEED-eksamen af te lê. Hierdie akkreditasie stel individuele in staat om die beoordeling van geboue te fasiliteer. Professionele akkreditasie word deur die Green Building Certification Institute geadministreer.
Ander nasionale beoordelingstelsels
wysigKritiek
wysigDie LEED-standaard neem nie die plaaslike omgewingsfaktore, soos die gemiddelde buite temperatuur, in ag nie.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- (en) U.S. Green Building Council
- (en) World Green Building Council
- (en) Canada Green Building Council Geargiveer 25 April 2009 op Wayback Machine
- (en) Leed Certified Real Estate Geargiveer 6 Januarie 2016 op Wayback Machine
- (en) Examples for LEED-certified buildings Geargiveer 25 Oktober 2008 op Wayback Machine