Lebjazje (Kamiziak-rajon)
Lebjazje (Russies: Лебяжье) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op 'n klein eiland oorkant die klein Kizanrivier oorkant 'n ander dorpie, Zaton, 49 kilometer suidoos van Astrachan se middestad.
Lebjazje Лебяжье | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 45°54′20″N 48°07′29″O / 45.90556°N 48.12472°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 732 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416325 |
Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "swaan".
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Lebjazje 732 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 713 | 97,4% |
Russe | 4 | 0,5% |
Nogais | 3 | 0,4% |
Onbekend | 12 | 1,6% |
Totaal | 732 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 30 Julie 2023.