Leendert te Groengebou
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Leendert te Groengebou is 'n historiese gebou in Vermeulenstraat in Pretoria. Die gebou is tussen 1903 en 1905 opgerig. Leendert te Groen het 'n sigaretfabriek in die gebou begin waar sigarette met Transvaalse tabak gemaak is. Die gebou het tot onlangs gedien as museum vir die werk van die kunstenaar JH Pierneef.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Henie Heydenrych en Abrie Swiegers, Discover Pretoria, J.B. van Schaik, Pretoria, Suid-Afrika, 1999, p80