Leon le Roux
Leon le Roux was 'n Suid-Afrikaanse akteur en model. As gevolg van sy sterk manlike gesig is hy gereeld vir advertensies en foto-storieboeke gebruik. Hy maak sy rolprentdebuut in 1965 in die Afrikaanse rolprent Debbie. Teen dié tyd kon hy kwalik Afrikaans praat en moes sy Engelse aksent deur die van 'n stemkunstenaar vervang word. Sy Afrikaans het egter later so verbeter dat hy respek van sy portuurgroep in die rolprentbedryf kon afdwing.[1]
Leon le Roux | |
Geboortenaam | Sydney Jack Le Roux |
---|---|
Alias | Leon Le Roux |
Geboorte | 1934 Vereeniging |
Sterfte | Oktober 2014 Vishoek, Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | ~1965-1975 |
Rolprente | “Debbie”(1965), “Kavaliers” (1966), “Kruger Miljoene” (1967), “Die Saboteurs” (1974) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
wysig- Die Saboteurs, 1974
- Kruger Miljoene, 1967 as Chris Botha
- Kavaliers, 1966
- Debbie, 1965 as Paul Hugo