Monica Lewinsky
Monica Lewinsky (gebore op 23 Julie 1973 in San Francisco) is 'n Amerikaner van Joodse afkoms. Sy is 'n voormalige amptenaar van die Withuis. Sy het opslae gemaak met haar erkenning dat sy 'n onbehoorlike verhouding met die destydse Amerikaanse president, Bill Clinton gehad het[1] terwyl sy in 1995 en 1996 by die Withuis gewerk het. Die verhouding en nasleep daarvan staan as die Lewinsky-skandaal bekend.
Monica Lewinsky | |
---|---|
Lewinsky in Mei 1997 | |
Gebore | Monica Samille Lewinsky 23 Julie 1973 |
Nasionaliteit | Amerikaner |
Beroep | Regeringsamptenaar, entrepreneur, TV-persoonlikheid, aktivis |
Bekend vir | Lewinsky-skandaal |
President Clinton het aanvanklik die bewerings onder eed ontken. Toe meer besonderhede oor die verhouding begin uitlek, het lede van die Republikeinse Party 'n afsettingsprosedure (impeachment) teen hom begin omdat hy onder eed gelieg het. Die afsetting is egter nie deur die Senaat aanvaar nie en Clinton kon sy termyn voltooi.
As gevolg van die skandaal het Lewinsky wêreldwyd beroemdheid verwerf. Sy het daarna by 'n verskeidenheid ondernemings betrokke geraak, onder andere die ontwerp van 'n reeks handsakke onder haar naam, advertensiewerk vir 'n dieetplan en werk as 'n TV-persoonlikheid. Daarna is sy na Londen om vir 'n meestersgraad in sielkunde te studeer.
Teenwoordig is sy ook 'n anti-bullebakaktivis.
Verwysings
wysig- ↑ Baker, Peter; John F. Harris (18 Augustus 1998). "Clinton Admits to Lewinsky Relationship, Challenges Starr to End Personal 'Prying'". The Washington Post. p. A1.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Monica Lewinsky.
- Monica Lewinsky in die Internet-rolprentdatabasis
-
Monica Lewinsky en President Bill Clinton, 1997
-
Monica Lewinsky in 2014