Linux Mint
Linux Mint is 'n Linux-verspreiding vir persoonlike rekenaars, wat gebaseer is op (en versoenbaar is met) Ubuntu,[2] met geïntegreerde media codecs.[3] Linux Mint bevat ook verskeie ontwerpsverskille van Ubuntu Linux insluitend:
- 'n Unieke gebruikerskoppelvlak, insluitend die persoonlike "Mint menu"
- Die "Mint Tools", 'n versameling van stelselgereedskap ontwerp om die stelsel se bestuur en administrasie funksies makliker vir eindgebruikers te maak.
Linux Mint 19 ("Tara") | |
Webwerf: | linuxmint |
Maatskappy/ ontwikkelaar: | Linux Mint Span |
Bedryfstelsel-familie: | Linux |
Bronkodemodel: | Vrye en Oopbron Sagteware |
Jongste stabiele uitgawe: | 22[1] / 25 Julie 2024 |
Platforms wat ondersteun word: | i386, AMD64, Ultrasparc T1, PowerPC, IA-64 |
Kerntipe: | Monolitiese kern |
Verstek-gebruikerskoppelvlak: | GNOME Grafiese Gebruikerskoppelvlak sowel as die KDE en XFCE Grafiese Gebruikerskoppelvlakke in spesiale weergawes |
Lisensie: | GPL en ander lisensies |
Status: | Tans aktief |
Linux Mint is beskikbaar vir aflaai in die vorm van ISO-beelde wat gebruik kan word om Live DVD's of Live USBs te skep.
Verwysings
wysig- ↑ "Linux Mint 22 "Wilma" released!". 25 Julie 2024. Besoek op 25 Julie 2024.
- ↑ "What's new in Linux Mint 7 Gloria?" (in Engels). Linux Mint. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2018. Besoek op 27 Augustus 2009.
- ↑ "About" (in Engels). Linux Mint. 24 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 16 Julie 2009.