LitNet Akademies

Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe

LitNet Akademies is 'n Afrikaanstalige portuurbeoordeelde, aanlyn akademiese tydskrif wat op die LitNet-webwerf gepubliseer word. Die tydskrif publiseer navorsingsartikels in ses onderafdelings, nl. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, en Regte.[2] Die tydskrif is geakkrediteer deur die Department van Hoër Onderwys en Opleiding van Suid-Afrika.[3]

LitNet Akademies
Redakteur Prof. Etienne van Heerden
Redaksielede Menán van Heerden, Naomi Meyer, Izak de Vries, Melt Myburgh, Liné Loff, Bennie Linde, Francis Galloway, Pieter G.R. de Villiers, Estelle Kruger, Johann Neethling[1]
Kategorieë Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, Regte[2]
Frekwensie Viermaandeliks[3]
Eerste uitgawe Julie 2007
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans[2]
Webwerf www.litnet.co.za
ISSN 1995-5928

LitNet Akademies se hoofredakteur is prof. Etienne van Heerden.[1] Die tydskrif word finansieel ondersteun deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys.[2]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 LitNet Akademies Jaargang 19, uitgawe 1 (PDF). URL besoek op 2022-05-18.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 LitNet Akademies (Webartikel). URL besoek op 2022-05-18.
  3. 3,0 3,1 "Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe". Sabinet (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2018. Besoek op 21 Mei 2017.

Eksterne skakels

wysig