London Festival of Architecture
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Londen, Engeland
Verenigde Koninkryk
Gehou sedert
2004
Frekwensie
Jaarliks
Direkteur
Tamsie Thomson
Webtuiste
londonfestivalofarchitecture.org
Die London Festival of Architecture (kort: LFA) is Europa se grootste argitektuurfees wat jaarliks in die Britse hoofstad gehou word. Londen staan sentraal in die feesprogram as die wêreldspilpunt van eksperimentele argitektuur, die praktiese toepassing van vernuwende argitektoniese gedagtes en debatvoering. Die LFA van 2018 word tussen 1 en 30 Junie gehou, met "identiteit" as hooftema.[1]
Die eerste LFA het in 2004 plaasgevind as London Architecture Biennale. Die fees is, soos die naam reeds aandui, tot 2012 tweejaarliks gehou. Vanaf 2013 is 'n jaarlikse argitektuurfees georganiseer. In 2017 het 'n rekordgetal van 400 000 besoekers die feesvierings en programme, wat angebied is, bygewoon, terwyl miljoene belangstellendes in die buiteland die LFA-aanbiedings in die media gevolg het.
Tydlyn van feeste en hooftemas
wysigLFA 2018 | IDENTITY |
LFA 2017 | MEMORY |
LFA 2016 | COMMUNITY |
LFA 2015 | WORK IN PROGRESS |
LFA 2014 | CAPITAL |
LFA 2013 | A TIME FOR ARCHITECTURE |
LFA 2012 | THE PLAYFUL CITY |
LFA 2010 | THE WELCOMING CITY |
LFA 2008 | FRESH |
LFA 2006 | CHANGE |
LFA 2004 | ARCHITECTURE BIENNALE |