Long John Silver's

Amerikaanse kitskosrestaurantketting

Long John Silver's is 'n groep Amerikaanse kitskosrestaurante opgerig in 1969. Die bedryf was tot 2011 'n afdeling van Yum! Brands. Die restaurant spesialiseer hoofsaaklik in vis en ander seekosgeregte. Die naam en konsep is geïnspireer deur Robert Louis Stevenson se boek, Treasure Island. Die hoofkantoor is in Louisville, Kentucky geleë. Die eerste restaurant is in 1969 in Lexington geopen.

Long John Silver's
Tipe Privaatmaatskappy
Gestig 18 Augustus 1969
Lexington, Kentucky
Hoofkantoor Louisville, Kentucky
IndustrieRestaurante
ProdukteSeekos
Werknemers8 400 (wêreldwyd)
MoedermaatskappyLJS Partners LLC
Webwerfljsilvers.com
Long John Silver's langsaan 'n Taco Bell
Long John Silver's langsaan 'n KFC

Eksterne skakels

wysig