Loopspruit (Mooirivier)
Die Loopspruit is 'n takrivier van die Mooirivier in Noordwes, Suid-Afrika.
Loopspruit | |
---|---|
Stroomgebied | Noordwes, Suid-Afrika |
Hoofrivier | Mooirivier |
Oorsprong | Suid van Oos-Driefontein |
Sytak -links | Leeuspruit |
Sytak -regs | Kraalkopspruit |
Monding | Potchefstroom |
Monding-hoogte | 1 325 m |
Koördinate: 26°44′34″S 27°6′26″O / 26.74278°S 27.10722°O |
Oorsprong
wysigDie Loopspruit ontspring suid van Oos-Driefontein-myn en vloei suid en suidoos, deur die middedorp van Fochville en dan algemeen weswaarts. Dit word opgedam deur die Klipdrifdam voor dit by die gholfbaan in Potchefstroom by die Mooirivier aansluit.[1]
Die water in die Mooirivier en sy store is erg besoedel met swaarmetale[2] as gevolg van goud- en uraan-mynontginning in die rivierbekken.[3]