Lost Coast
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Lost Coast is 'n grotendeels ongerepte natuurstreek langs die Amerikaanse deelstaat Kalifornië se noordkus. Die gebied, wat in die administratiewe distrikte Humboldt en Mendocino geleë is en van Shelter Cove in die suide tot die Mattole-rivier in die noorde strek,[1] het sy naam aan sy grootskaalse ontvolking gedurende die 1930's te danke. Daarnaas het die moeilike bergagtige terrein - die bergreeks King Range maak deel uit van die Lost Coast - die bou van paaie weens die hoë koste, wat daaraan verbonde sou wees, amper onmoontlik gemaak. So het dit tot vandag een van die mees afgeleë kusgebiede in Kalifornië gebly. Die gebrek aan padinfrastruktuur maak van klein nedersettings in die Lost Coast-gebied soos Petrolia, Shelter Cove en Whitethorn van die mees geïsoleerde gemeenskappe in die deelstaat.