Louis Hiemstraprys vir Niefiksie
Die prys is in 2001 ingestel en word deur die Hiemstra Trust geborg met 'n bedrag van R20,000 per toekenning. Die toekenning van die prys word drie-jaarliks oorweeg vir 'n oorspronklike niefiksie werk in Afrikaans wat nie beperk is tot die vakspesialis nie.
Lys van wenners
wysig- 2002 – Karel Schoeman (Armosyn van die Kaap en Armosyn van die Kaap 2)
- 2005 – Prof. J.C. Steyn (Die 100 jaar van M.E.R.)
- 2008 – Dr. H.W. Claassens (Die geskiedenis van Boerekos: 1652-1806)
- 2011 – Elsa Joubert (Reisiger)
- 2023 – Eunice Visser (Die Kaapse slawe 1652-1838)[1]
Verwysings
wysig- ↑ "SA Akademiepryse 2023" (PDF). SA Akademie. Besoek op 13 Mei 2024.