Louis P. Avenant
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Louis P. Avenant is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Hy skryf ontspanningsverhale.
Lewe en skryfwerk
wysigIn “Dwaallig of ster” is Vic Loedolf van die on-derdorp se ma oorlede omdat die spoorwegdokter eers klaar wou tennis speel voordat hy wou uitkom. Vic besluit om 'n regte dokter te word wat onder sy eie mense werk. Na baie swaarkry word hy eindelik wel 'n dokter en 'n gesogte immunoloog. Sy sosiale kring, sy be-kendheid en sy leefstyl maak dit egter baie moeilik vir hom om onder sy eie mense te werk en hy moet 'n keuse maak.[1] “Die hotnotsvy is vrank” is 'n roman oor die vissers geskryf in die vissersidioom, waar Dries sy lewe herleef op soek na die betekenis daarvan. Hy herleef die grootwordjare saam met Pa Petta op die skuit Megal in die diepsee, en Nardeen wat op die kaaimuur staan en wag.[2]
Publikasies
wysig- 1969 Dwaallig of ster
- 1972 Die hotnotsvy is vrank
Verwysings
wysig- ↑ Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Avenant,_L.P.
- ↑ Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/skrywers.html