Louisville, Kentucky
Louisville (ˈluːiːvɪl, ˈluːəvəl of ˈlʊvəl) is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Kentucky en die administratiewe setel van Jefferson County. Die stadsgrens stem sedert 2003 met dié van die county ooreen nadat die twee administratiewe eenhede tot 'n sogenaamde gekonsolideerde stad-county (consolidated city-county) saamgesmelt het. Louisville is net suid van die grens met die deelstaat Indiana oorkant die Ohiorivier geleë. Die bevolking was 741 096 volgens die sensus van 2010.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kentucky |
Koördinate | 38°15′N 85°45′W / 38.250°N 85.750°W |
Gestig in | 1778 (Corn Island) |
Geïnkorporeer in | 1780 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 032 vk km |
- waarvan land | 997,38 vk km |
Hoogte bo seevlak | 142 m |
Bevolking: | |
- Totaal (sensus 2010) | 741 096 |
- Bevolkingsdigtheid | 720,6/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 307 647 |
Tydsone | EST (UTC -5) Somertyd: EDT (UTC -4) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 13,8 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 0,6 / 25,8 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1130 mm |
Burgemeester | Craig Greenberg (D) |
Amptelike Webwerf | louisvilleky.gov |
Die stad, wat ter ere van koning Lodewyk XVI van Frankryk Louisville genoem is, is in 1778 deur George Rogers Clark (1752–1818), 'n grenspionier en militaris in die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog, gestig as een van die vroegste nedersettings wes van die Appalache-bergreeks. Louisville het in die 19de eeu tot 'n belangrike binnelandse hawestad gegroei en is vandag 'n kosmopolitiese nywerheidstad. Die stad word veral verbind met bourbon whiskey (sowat 'n derde van die totale Amerikaanse produksie word hier gedistilleer) en die Kentucky Derby-perdewedren wat jaarliks in Mei plaasvind en 'n halfmiljoen geesdriftige besoekers lok.[1]
Die Presbiteriaanse Kerk van die Verenigde State het sy hoofkwartier in Louisville.
Verwysings
wysig- ↑ The Rough Guide to The USA. London: Rough Guides 2014, bl. 434
Eksterne skakels
wysig- Toerisme