Luapula
Die provinsie Luapula is een van Zambië se tien provinsies en is in die noorde van die land geleë. Die hoofstad is Mansa, voorheen Fort Roseberry. In die weste, suide en noorde grens die provinsie aan die Demokratiese Republiek van die Kongo en in die ooste aan die Noordelike Provinsie.
Die geskatte inwonertal in 2009 was 1 029 215, meer as twee keer die 1980-sensussyfer van 412 798.[1] Die inwonertal is die tweede minste van die nege provinsies. Luapula beslaan 50 567 km2, skaars 7% van die hele land, maar nietemin amper 10 000 km2 groter as Nederland.[2]
Buiten die hoofstad, wat ook die grootste nedersetting is, is die ander vername dorpe (met geskatte bevolking in 2009 tussen hakies): Kawambwa (23 832), Mwanzakombe (13 459), Mwense (5 068), Nchelenge (27 242) en Samfya (23 836).
Die provinsie is na die Luapularivier vernoem en sluit groot gedeeltes van twee mere in, Mweru en Bangweulu.
Verwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2013. Besoek op 30 Junie 2013.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2010. Besoek op 14 Desember 2009.